📖 Spreuke van Salomo 9
-
1
Die Wysheid het haar huis gebou, haar sewe pilare uitgekap,
-
2
haar slagvee geslag, haar wyn gemeng, ook haar tafel gedek.
-
3
Sy het haar diensmeisies uitgestuur, sy nooi uit op die hange van die stadshoogtes:
-
4
Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen, wie verstandeloos is, vir hom sê sy:
-
5
Kom, eet julle van my brood, en drink van die wyn wat ek gemeng het;
-
6
laat staan die eenvoudigheid, dan sal julle lewe, en betree die weg van verstand.
-
7
Hy wat 'n spotter teregwys, behaal vir homself skande, en hy wat 'n goddelose bestraf, vir homself 'n skandvlek.
-
8
Bestraf 'n spotter nie, anders haat hy jou; bestraf 'n wyse, en hy sal jou liefhê.
-
9
Deel mee aan die wyse, en hy sal nog wyser word, leer die regverdige, en hy sal insig vermeerder.
-
10
Die beginsel van die wysheid is die vrees van die HERE, en kennis van die Heilige is verstand.
-
11
Want deur my word jou dae meer en word jare van lewe vir jou toegevoeg.
-
12
As jy wys is, is jy wys tot jou voordeel, en is jy 'n spotter, dan moet jy dit alleen dra.
-
13
Vrou Dwaasheid is onrustig, pure eenvoudigheid en heeltemal onkundig;
-
14
en sy sit by die deur van haar huis, op 'n stoel op die hoogtes van die stad,
-
15
om te nooi die wat op die weg verbygaan, die wat op hulle paaie reguit wandel:
-
16
Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen! En die verstandelose, aan hom sê sy:
-
17
Gesteelde waters is soet, en brood in die geheim geëet, is lekker.
-
18
Maar hy weet nie dat dáár skimme is, dat haar genooides in die dieptes van die doderyk is nie.