📖 Spreuke van Salomo 3
-
1
My seun, vergeet my onderwysing nie, en laat jou hart my gebooie bewaar;
-
2
want dit sal lengte van dae en jare van lewe en vrede vir jou vermeerder.
-
3
Laat liefde en trou jou nie verlaat nie; bind dit om jou hals, skryf dit op die tafel van jou hart,
-
4
dan sal jy genade vind en 'n goeie insig in die oë van God en die mense.
-
5
Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.
-
6
Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak.
-
7
Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die HERE, en wyk af van die kwaad;
-
8
dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente.
-
9
Vereer die HERE uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste;
-
10
dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos.
-
11
My seun, verag die tug van die HERE nie, en laat sy kastyding nie jou weersin wek nie,
-
12
want die HERE tugtig hom wat Hy liefhet, ja, soos 'n vader die seun in wie hy behae het.
-
13
Gelukkig die mens wat wysheid gevind het, en die mens wat verstand verkry;
-
14
want die verkryging daarvan is beter as dié van silwer, en die verwerwing daarvan beter as van goud;
-
15
dit is kosteliker as korale, en al jou kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie.
-
16
In sy regterhand is lengte van dae, in sy linkerhand rykdom en eer;
-
17
sy weë is lieflike weë, en al sy paaie is vrede.
-
18
Dit is 'n lewensboom vir die wat dit aangryp, en elkeen wat dit vashou, is gelukkig.
-
19
Die HERE het deur wysheid die aarde gegrond, deur verstand die hemele vasgestel;
-
20
deur sy kennis het die watervloede oopgebreek en het die wolke dou gedrup.
-
21
My seun, laat dit nie uit jou oë wyk nie, bewaar beleid en oorleg,
-
22
dan sal dit die lewe wees vir jou siel en 'n versiersel vir jou hals;
-
23
dan sal jy veilig jou weg bewandel en jou voet nie stamp nie;
-
24
as jy gaan lê, sal jy nie skrik nie, en lê jy, dan sal jou slaap soet wees.
-
25
Jy hoef nie bang te wees vir 'n skielike skrik of vir die ondergang van die goddelose as dit kom nie;
-
26
want die HERE sal jou vertroue wees, en Hy sal jou voet bewaar vir die strik.
-
27
Hou 'n weldaad nie terug van hom aan wie dit toekom as dit in jou mag is om dit te doen nie.
-
28
Sê nie vir jou naaste nie: Gaan en kom terug, dan sal ek môre gee--terwyl jy dit het.
-
29
Bewerk geen onheil teen jou naaste terwyl hy vol vertroue by jou woon nie.
-
30
Twis nie sonder oorsaak met 'n mens as hy jou geen kwaad gedoen het nie.
-
31
Wees nie afgunstig op 'n man van geweld en verkies geeneen van sy weë nie.
-
32
Want die verkeerde is vir die HERE 'n gruwel, maar sy verborgenheid is met die opregtes.
-
33
Die vloek van die HERE is in die huis van die goddelose, maar Hy seën die woning van die regverdiges.
-
34
As dit spotters betref, spot Hy, maar aan die ootmoediges gee Hy genade.
-
35
Die wyse sal eer beërwe, maar die dwase behaal skande.