📖 Spreuke van Salomo 2
-
1
My seun, as jy my woorde aanneem en my gebooie by jou bewaar,
-
2
sodat jy jou oor laat luister na wysheid, jou hart neig tot verstand;
-
3
ja, as jy na die insig roep, na die verstand jou stem verhef,
-
4
as jy daarna soek soos na silwer en dit naspeur soos verborge skatte,
-
5
dan sal jy die vrees van die HERE verstaan en die kennis van God vind
-
6
(want die HERE gee wysheid, uit sy mond kom kennis en verstand,
-
7
en Hy bewaar hulp vir die opregtes, Hy is 'n skild vir die wat regskape wandel
-
8
deurdat Hy die paaie van die reg bewaak en die weg van sy gunsgenote bewaar);
-
9
dan sal jy geregtigheid en reg verstaan en regverdigheid--elke goeie pad.
-
10
Want wysheid sal in jou hart kom, en kennis vir jou siel lieflik wees;
-
11
oorleg sal oor jou wag hou, verstand sal jou bewaak,
-
12
om jou te red van die weg van die slegte, van die mens wat valse dinge spreek;
-
13
van die wat die paaie van opregtheid verlaat om op weë van duisternis te wandel;
-
14
die wat hulle verheug in kwaaddoen, wat juig oor die valse streke van die slegte,
-
15
van wie die paaie verkeerd is, en wat afwyk in hulle spore;
-
16
om jou te red van die vreemde vrou, van die ontugtige wat met haar woorde vlei
-
17
(wat die vriend van haar jeug verlaat, en die verbond van haar God vergeet;
-
18
want haar huis sink weg na die dood en haar paaie na die skimme;
-
19
almal wat by haar ingaan, kom nie terug nie en bereik die paaie van die lewe nie)
-
20
sodat jy kan wandel op die weg van die goeies en die paaie van die regverdiges kan hou;
-
21
want die opregtes sal die land bewoon, en die regskapenes daarin oorbly,
-
22
maar die goddelose sal uit die land uitgeroei, en die ontroues sal daaruit weggeruk word.