📖 Psalms 87
-
1
Van die kinders van Korag. 'n Psalm. 'n Lied. Sy grondvesting is op heilige berge.
-
2
Die HERE het die poorte van Sion lief bo al die wonings van Jakob.
-
3
Heerlike dinge word van u gesê, o stad van God! Sela.
-
4
Ek wil Rahab en Babel vermeld onder hulle wat My ken; kyk, Filistéa en Tirus saam met Kus- hierdie een is daar gebore.
-
5
En van Sion sal gesê word: Man vir man is daarin gebore, en Hy, die Allerhoogste, hou dit in stand.
-
6
Die HERE sal tel as Hy die volke opskrywe: Hierdie een is daar gebore. Sela.
-
7
En die wat sing sowel as die wat vrolik is, sê: Al my fonteine is in jou!