📖 Psalms 83
-
1
'n Lied. 'n Psalm van Asaf.
-
2
o God, hou U nie stil nie, swyg nie en rus nie, o God!
-
3
Want kyk, u vyande maak rumoer, en u haters steek die hoof op.
-
4
Teen u volk smee hulle listig 'n plan en hou onder mekaar raad teen u verborgenes.
-
5
Hulle sê: Kom, laat ons hulle vernietig, dat hulle geen volk meer is nie, sodat aan die naam van Israel nie meer gedink word nie.
-
6
Want hulle het van harte saam raad gehou; teen U sluit hulle 'n verbond:
-
7
die tente van Edom en die Ismaeliete, Moab en die Hagareners,
-
8
Gebal en Ammon, en Amalek, Filistéa saam met die inwoners van Tirus.
-
9
Ook het Assur by hulle aangesluit; hulle is 'n arm vir die kinders van Lot. Sela.
-
10
Maak met hulle soos met Mídian, soos met Sísera, soos met Jabin by die spruit Kison:
-
11
hulle is verdelg by Endor, hulle het mis geword vir die grond.
-
12
Maak hulle, hul edeles, soos Oreb en Seëb, en al hulle vorste soos Seba en Salmúna,
-
13
wat sê: Laat ons die woninge van God vir ons in besit neem!
-
14
My God, maak hulle soos strooi, soos stoppels voor die wind.
-
15
Soos vuur wat 'n bos verbrand, en soos die vlam wat berge aan die brand steek-
-
16
vervolg hulle só met u storm en verskrik hulle met u stormwind.
-
17
Oordek hulle aangesig met skande, dat hulle u Naam kan soek, o HERE!
-
18
Laat hulle beskaamd staan en verskrik wees vir ewig, en laat hulle rooi van skaamte word en omkom;
-
19
sodat hulle kan weet dat U, wie se Naam HERE is, alleen die Allerhoogste is oor die hele aarde.