📖 Psalms 77
-
1
Vir die musiekleier; op die wysie van: "Jedútun." 'n Psalm van Asaf.
-
2
My stem is tot God en ek roep; my stem is tot God, dat Hy na my kan luister.
-
3
Op die dag van my benoudheid soek ek die HERE; snags bly my hand uitgestrek sonder om moeg te word; my siel weier om getroos te word.
-
4
As ek aan God dink, moet ek steun; peins ek, dan versmag my gees. Sela.
-
5
U hou my ooglede oop; ek is onrustig en kan nie spreek nie.
-
6
Ek dink oor die dae van die voortyd, oor die ou, ou jare.
-
7
Ek wil dink aan my snarespel in die nag, wil peins met my hart, en my gees deurvors:
-
8
Sal die Here vir altyd verstoot en verder nie meer goedgunstig wees nie?
-
9
Hou sy goedertierenheid vir altyd op? Is dit met die belofte gedaan van geslag tot geslag?
-
10
Het God vergeet om genadig te wees? Of het Hy in toorn sy barmhartighede toegesluit? Sela.
-
11
Toe het ek gesê: Dit is my grootste bekommernis dat die regterhand van die Allerhoogste verander!
-
12
Ek dink aan die dade van die HERE; ja, ek wil dink aan u wonders uit die voortyd
-
13
en al u werk oordink, en ek wil peins oor u dade.
-
14
o God, u weg is in heiligheid. Wie is 'n groot God soos God?
-
15
U is die God wat wonders doen; U het u sterkte onder die volke bekend gemaak.
-
16
U het u volk met 'n sterk arm verlos, die kinders van Jakob en van Josef. Sela.
-
17
Die waters het U gesien, o God, die waters het U gesien, hulle het gebewe; ja, die watervloede het gesidder.
-
20
U weg was in die see en u paaie in groot waters, en u spore was nie te beken nie.
-
21
U het u volk soos skape gelei deur die hand van Moses en Aäron.