📖 Psalms 63
-
1
'n Psalm van Dawid, toe hy in die woestyn van Juda was.
-
2
o God, U is my God, U soek ek; my siel dors na U, my vlees smag na U, in 'n dor en uitgedroogde land, sonder water.
-
3
Só het ek U in die heiligdom aanskou, om u sterkte en u heerlikheid te sien.
-
4
Want u goedertierenheid is beter as die lewe; my lippe moet U prys.
-
5
Só sal ek U prys my lewe lank, in u Naam my hande ophef.
-
6
Soos met vet en vettigheid sal my siel versadig word, en my mond sal roem met jubelende lippe
-
7
as ek aan U dink op my bed, in die nagwake oor U peins.
-
8
Want U was 'n hulp vir my, en in die skaduwee van u vleuels sal ek jubel.
-
9
My siel is aan U verkleef; u regterhand ondersteun my.
-
10
Maar húlle wat soek om my lewe te verderwe, hulle sal kom in die onderste plekke van die aarde.
-
11
Hy sal oorgelewer word in die mag van die swaard; die deel van die jakkalse sal hulle word.
-
12
Maar die koning sal bly wees in God; elkeen wat by Hom sweer, sal hom beroem; want die mond van die leuensprekers sal gestop word.