📖 Psalms 58
-
1
Vir die musiekleier; op die wysie van: "Moenie verwoes nie." Van Dawid. 'n Gedig.
-
2
Spreek julle waarlik geregtigheid, o gode? Oordeel julle die mensekinders regverdig?
-
3
Ja, julle bedryf ongeregtighede in die hart; julle weeg op aarde die geweld van julle hande af.
-
4
Afvallig is die goddelose mense van die geboorte af; die leuensprekers dwaal van die moederskoot af.
-
5
Hulle het gif soos die gif van 'n slang; soos 'n dowe adder wat sy oor toestop,
-
6
wat nie luister na die stem van die besweerders, van hom wat ervare is om met towerspreuke om te gaan nie.
-
7
o God, verbreek hulle tande in hulle mond; slaan die tande van die jong leeus uit, o HERE!
-
8
Laat hulle vergaan soos water wat wegloop; as hy sy pyle rig, laat hulle wees asof hulle stomp geword het.
-
9
Laat hulle wees soos 'n slak wat wegsmelt so ver as hy loop, soos 'n misgeboorte wat die son nie gesien het nie.
-
10
Voordat julle potte die doringtak gewaar word, sal Hy dit wegstorm, die rou vleis sowel as die vuurgloed.
-
11
Die regverdige sal bly wees as hy die wraak sien; hy sal sy voete was in die bloed van die goddelose.
-
12
En die mense sal sê: Gewis, daar is vrug vir die regverdige; gewis, daar is 'n God wat op die aarde oordeel!