📖 Psalms 26
-
1
'n Psalm van Dawid. Doen aan my reg, o HERE, want ék wandel in my opregtheid en vertrou op die HERE sonder om te wankel.
-
2
Toets my, HERE, en beproef my, keur my niere en my hart;
-
3
want u goedertierenheid is voor my oë, en ek wandel in u waarheid.
-
4
Ek sit nie by valse mense nie, en met slinkse mense gaan ek nie om nie.
-
5
Ek haat die vergadering van kwaaddoeners, en by die goddelose sit ek nie.
-
6
Ek was my hande in onskuld en wil gaan rondom u altaar, o HERE,
-
7
om die stem van lof te laat hoor en om al u wonders te vertel.
-
8
HERE, ek het lief die woning van u huis en die woonplek van u heerlikheid.
-
9
Ruk my siel nie weg saam met die sondaars en my lewe saam met die manne van bloed nie,
-
10
in wie se hande skandelike dade is, en wie se regterhand vol is van omkopery.
-
11
Maar ék wandel in my opregtheid; verlos my en wees my genadig.
-
12
My voet staan op gelyk grond; ek sal die HERE loof in die vergaderings.