📖 Psalms 25
-
1
'n Psalm van Dawid. Alef. Tot U, o HERE, hef ek my siel op.
-
2
Bet. My God, op U vertrou ek; laat my nie beskaamd staan nie; laat my vyande oor my nie juig nie.
-
3
Gimel. Ja, almal wat U verwag, sal nie beskaamd staan nie. Hulle sal beskaamd staan wat troueloos handel sonder oorsaak.
-
4
Dalet. HERE, maak my u weë bekend; leer my u paaie.
-
5
He. Lei my in u waarheid en leer my, want U is die God van my heil. U verwag ek die hele dag.
-
6
Sajin. Dink, HERE, aan u barmhartigheid en u goedertierenhede, want dié is van ewigheid af.
-
7
Get. Dink nie aan die sondes van my jonkheid en aan my oortredinge nie; dink aan my na u goedertierenheid, om u goedheid ontwil, o HERE!
-
8
Tet. Die HERE is goed en reg; daarom sal Hy sondaars leer aangaande die weg.
-
9
Jod. Hy sal die ootmoediges lei in die reg en die ootmoediges sy weg leer.
-
10
Kaf. Al die paaie van die HERE is goedertierenheid en trou vir die wat sy verbond en sy getuienisse bewaar.
-
11
Lamed. Om u Naam ontwil, HERE, vergeef my ongeregtigheid, want dit is groot.
-
12
Mem. Wie tog is die man wat die HERE vrees? Hy sal hom leer aangaande die weg wat hy moet kies.
-
13
Noen. Hy self sal vernag in die goeie, en sy nageslag sal die land besit.
-
14
Samek. Die verborgenheid van die HERE is vir die wat Hom vrees, en sy verbond om hulle dit bekend te maak.
-
15
Ajin. My oë is altyddeur op die HERE, want Hy sal my voete uit die net uitlei.
-
16
Pe. Wend U tot my en wees my genadig, want ek is eensaam en ellendig.
-
17
Sade. Die benoudhede van my hart is wyd uitgestrek; lei my uit my angste.
-
18
Resj. Aanskou my ellende en my moeite, en vergeef al my sondes.
-
19
Resj. Aanskou my vyande, want hulle is talryk, en hulle haat my met 'n gewelddadige haat.
-
20
Sjin. Bewaar my siel en red my; laat my nie beskaamd staan nie, want by U skuil ek.
-
21
Tau. Laat vroomheid en opregtheid my bewaar, want U verwag ek.
-
22
o God, verlos Israel uit al sy benoudhede!