📖 Psalms 140
-
1
Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.
-
2
Red my, HERE, van die kwaaddoeners, bewaar my vir die manne van geweld;
-
3
wat slegte dinge in die hart bedink, wat elke dag stryd verwek.
-
4
Hulle maak hul tong skerp soos 'n slang; gif van 'n adder is onder hulle lippe. Sela.
-
5
Bewaar my, HERE, vir die hande van die goddelose; behoed my vir die manne van geweld wat planne beraam om my voete weg te stoot.
-
6
Trotsaards het vir my 'n vangnet gespan en toue; hulle het 'n net uitgespan aan die kant van die pad; strikke het hulle vir my gestel. Sela.
-
7
Ek het tot die HERE gesê: U is my God; luister tog, HERE, na die stem van my smekinge!
-
8
HERE Here, Sterkte van my heil, U beskut my hoof in die dag van stryd!
-
9
HERE, gee tog nie die begeertes van die goddelose nie; laat sy listige plan nie geluk, sodat hulle hul verhef nie. Sela.
-
10
Wat betref die hoof van die wat my omring- laat die onheil van hulle lippe hulle oordek.
-
11
Laat vurige kole op hulle afgegooi word; mag Hy hulle laat val in die vuur, in kuile, sodat hulle nie weer opstaan nie!
-
12
Laat die kwaadspreker nie op aarde bevestig word nie; die man van geweld- laat die ongeluk hom jaag met slag op slag.
-
13
Ek weet dat die HERE die regsaak van die ellendige, die reg van die behoeftiges sal behartig.
-
14
Sekerlik, die regverdiges sal u Naam loof, die opregtes sal voor u aangesig woon.