📖 Psalms 136
-
1
Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
-
2
Loof die God van die gode, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
-
3
Loof die Here der here, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid-
-
4
Hy wat alleen groot wonders doen, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
-
5
Wat die hemele met verstand gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
-
6
Wat die aarde op die water uitgespan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
-
7
Wat die groot ligte gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
-
8
Die son om te heers oor die dag, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
-
9
Die maan en sterre om te heers oor die nag, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
-
10
Wat die Egiptenaars getref het in hulle eersgeborenes, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
-
11
En Israel onder hulle uitgelei het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
-
12
Met 'n sterk hand en met 'n uitgestrekte arm, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
-
13
Wat die Skelfsee in stukke gesny het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
-
14
En Israel daar dwarsdeur laat gaan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
-
15
En Farao saam met sy leër in die Skelfsee gestort het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
-
16
Wat sy volk deur die woestyn gelei het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
-
17
Wat groot konings verslaan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
-
18
En geweldige konings gedood het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
-
19
Sihon, die koning van die Amoriete, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
-
20
En Og, die koning van Basan, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
-
21
En hulle land as erfdeel gegee het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
-
22
As erfdeel aan Israel, sy kneg, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
-
23
Wat in ons vernedering aan ons gedink het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
-
24
En ons van ons teëstanders losgeruk het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
-
25
Wat voedsel gee aan alle vlees, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
-
26
Loof die God van die hemel, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.