📖 Psalms 135
-
1
Halleluja! Prys die Naam van die HERE! Prys, o knegte van die HERE,
-
2
wat staan in die huis van die HERE, in die voorhowe van die huis van onse God!
-
3
Loof die HERE, want die HERE is goed; psalmsing tot eer van sy Naam, want dié is lieflik!
-
4
Want die HERE het Jakob vir Hom uitverkies, Israel as sy eiendom.
-
5
Waarlik, ék weet dat die HERE groot en onse Here bo alle gode is.
-
6
Alles wat die HERE behaag, doen Hy, in die hemel en op die aarde, in die seë en al die dieptes.
-
7
Hy wat die dampe laat opgaan van die einde van die aarde af, bliksemstrale by die reën maak, die wind uit sy skatkamers laat uitgaan;
-
8
wat die eersgeborenes van Egipte getref het, van mense sowel as van vee;
-
9
wat tekens en wonders gestuur het binne-in jou, o Egipte, teen Farao en teen al sy knegte;
-
10
wat baie nasies verslaan het en magtige konings gedood het:
-
11
Sihon, die koning van die Amoriete, en Og, die koning van Basan, en al die koninkryke van Kanaän,
-
12
en hulle land as erfdeel gegee het, as erfdeel aan Israel, sy volk.
-
13
o HERE, u Naam is tot in ewigheid, u gedenknaam, HERE, van geslag tot geslag!
-
14
Want die HERE sal aan sy volk reg doen en medelyde hê met sy knegte.
-
15
Die afgode van die heidene is silwer en goud, 'n werk van mensehande.
-
16
Hulle het 'n mond, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie;
-
17
ore het hulle, maar hoor nie; ook is daar geen asem in hulle mond nie.
-
18
Die wat hulle maak, sal net soos hulle word- elkeen wat op hulle vertrou.
-
19
Huis van Israel, loof die HERE! Huis van Aäron, loof die HERE!
-
20
Huis van Levi, loof die HERE! Julle wat die HERE vrees, loof die HERE!
-
21
Geloofd sy die HERE uit Sion, Hy wat in Jerusalem woon! Halleluja!