📖 Psalms 128
-
1
'n Bedevaartslied. Welgeluksalig is elkeen wat die HERE vrees, wat in sy weë wandel!
-
2
Die opbrings van jou hande sal jy sekerlik eet; gelukkig is jy, en dit gaan met jou goed!
-
3
Jou vrou is soos 'n vrugbare wingerdstok binne-in jou huis; jou kinders soos olyfboompies rondom jou tafel.
-
4
Kyk, so sal sekerlik geseën word die man wat die HERE vrees.
-
5
Mag die HERE jou seën uit Sion, dat jy die voorspoed van Jerusalem mag aanskou al die dae van jou lewe!
-
6
En dat jy jou kindskinders mag aanskou! Vrede oor Israel!