📖 Psalms 121
-
1
'n Bedevaartslied. Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom?
-
2
My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.
-
3
Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie.
-
4
Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie.
-
5
Die HERE is jou Bewaarder; die HERE is jou skaduwee aan jou regterhand.
-
6
Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie by nag nie.
-
7
Die HERE sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar.
-
8
Die HERE sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid.