📖 Psalms 120
-
1
'n Bedevaartslied. Ek roep die HERE aan in my benoudheid, en Hy verhoor my.
-
2
o HERE, red my siel van die valse lippe, van die bedrieglike tong!
-
3
Wat sal Hy jou gee of wat vir jou daaraan toevoeg, o bedrieglike tong?
-
4
Skerp pyle van 'n held saam met gloeiende kole van besembosse.
-
5
Wee my dat ek as vreemdeling vertoef in Meseg, dat ek by die tente van Kedar woon!
-
6
Te lank al woon my siel by die wat die vrede haat.
-
7
Ek is vredeliewend; maar as ek spreek, is hulle op oorlog uit.