📖 Psalms 118
-
1
Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!
-
2
Laat Israel dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!
-
3
Laat die huis van Aäron dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!
-
4
Laat die wat die HERE vrees, dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!
-
5
Uit die benoudheid het ek die HERE aangeroep; die HERE het my verhoor in die ruimte.
-
6
Die HERE is vír my; ek sal nie vrees nie: wat kan 'n mens my doen?
-
7
Die HERE is vír my as my helper; so sal ék dan neersien op die wat my haat.
-
8
Dit is beter om by die HERE te skuil as om op mense te vertrou.
-
9
Dit is beter om by die HERE te skuil as om op edeles te vertrou.
-
10
Al die heidene het my omsingel; dit is in die Naam van die HERE dat ek hulle stukkend gekap het.
-
11
Hulle het my omsingel, ja, hulle het my omsingel; dit is in die Naam van die HERE dat ek hulle stukkend gekap het.
-
12
Hulle het my omsingel soos bye- hulle is uitgeblus soos 'n doringtakvuur; dit is in die Naam van die HERE dat ek hulle stukkend gekap het.
-
13
Jy het my hard gestamp om my te laat val, maar die HERE het my gehelp.
-
14
Die HERE is my sterkte en psalm, en Hy het my tot heil geword.
-
15
'n Stem van gejubel en van heil is in die tente van die regverdiges: die regterhand van die HERE doen kragtige dade.
-
16
Die regterhand van die HERE verhef; die regterhand van die HERE doen kragtige dade.
-
17
Ek sal nie sterwe nie, maar lewe en die werke van die HERE vertel.
-
18
Die HERE het my hard gekasty, maar my aan die dood nie oorgegee nie.
-
19
Maak oop vir my die poorte van die geregtigheid; ek wil daardeur ingaan, ek wil die HERE loof.
-
20
Dit is die poort van die HERE; regverdiges mag daardeur ingaan.
-
21
Ek wil U loof, omdat U my verhoor het en my tot heil geword het.
-
22
Die steen wat die bouers verwerp het, het 'n hoeksteen geword.
-
23
Dit het van die HERE gekom; dit is wonderbaar in ons oë.
-
24
Dit is die dag wat die HERE gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.
-
25
Ag, HERE, gee tog heil; ag, HERE, gee tog voorspoed!
-
26
Geseënd is hy wat kom in die Naam van die HERE! Ons seën julle uit die huis van die HERE.
-
27
Die HERE is God, en Hy het vir ons lig gegee. Bind die feesoffer met toue, tot by die horings van die altaar.
-
28
U is my God, en ek wil U loof; o my God, ek wil U verhoog.
-
29
Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!