📖 Psalms 116
-
1
Ek het lief, want die HERE hoor my stem, my smekinge,
-
2
want Hy het sy oor tot my geneig; daarom sal ek Hom in my dae aanroep.
-
3
Bande van die dood het my omring, en angste van die doderyk het my getref; ek het benoudheid en kommer gevind.
-
4
Maar ek het die Naam van die HERE aangeroep: Ag, HERE, red my siel.
-
5
Die HERE is genadig en regverdig, en onse God is 'n ontfermer.
-
6
Die HERE bewaar die eenvoudiges; ek het swak geword, maar Hy het my gehelp.
-
7
My siel, keer terug tot jou rus; want die HERE het goed aan jou gedoen.
-
8
Want U het my siel gered van die dood, my oog van trane, my voet van struikeling.
-
9
Ek sal wandel voor die aangesig van die HERE in die lande van die lewendes.
-
10
Ek het geglo toe ek gespreek het: Ek is diep neergebuig.
-
11
Ék het in my angs gesê: Alle mense is leuenaars.
-
12
Wat sal ek die HERE vergeld vir al sy weldade aan my?
-
13
Ek sal die beker van verlossinge opneem en die Naam van die HERE aanroep.
-
14
My geloftes sal ek aan die HERE betaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk.
-
15
Kosbaar is in die oë van die HERE die dood van sy gunsgenote.
-
16
Ag, HERE, sekerlik, ek is u kneg, ek is u kneg, die seun van u diensmaagd; U het my bande losgemaak.
-
17
Ek sal U 'n offer van danksegging bring en die Naam van die HERE aanroep.
-
18
Ek sal my geloftes aan die HERE betaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk,
-
19
in die voorhowe van die huis van die HERE, binne-in jou, o Jerusalem! Halleluja!