📖 Psalms 114
-
1
Toe Israel uit Egipte getrek het, die huis van Jakob uit 'n volk met 'n vreemde taal,
-
2
het Juda sy heiligdom geword, Israel sy ryksgebied.
-
3
Die see het dit gesien en gevlug; die Jordaan het agteruitgewyk.
-
4
Die berge het rondgespring soos ramme, die heuwels soos lammers.
-
5
Wat is dit met jou, o see, dat jy vlug? o Jordaan, dat jy agteruitwyk?
-
6
o Berge, dat julle rondspring soos ramme? o Heuwels, soos lammers?
-
7
Beef, aarde, voor die aangesig van die HERE, voor die aangesig van die God van Jakob,
-
8
wat die rots verander het in 'n waterplas, die keisteen in 'n waterfontein!