📖 Psalms 108
-
1
'n Lied. 'n Psalm van Dawid.
-
2
My hart is gerus, o God! Ek wil sing en psalmsing, ja, ook my eer.
-
3
Waak op, harp en siter! Ek wil die dageraad wakker maak.
-
4
Ek wil U loof onder die volke, o HERE, en psalmsing tot u eer, onder die nasies;
-
5
want u goedertierenheid is groot bo die hemel uit en u trou tot by die wolke.
-
6
Verhef U bo die hemele, o God, en u heerlikheid bo die hele aarde!
-
7
Dat u bemindes gered kan word- verlos deur u regterhand en verhoor ons!
-
8
God het gespreek in sy heiligdom: Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel en die dal van Sukkot afmeet.
-
9
Gílead is myne, Manasse is myne, en Efraim is die beskutting van my hoof; Juda is my veldheerstaf.
-
10
Moab is my waskom; op Edom werp Ek my skoen; oor Filistéa jubel Ek.
-
11
Wie sal my bring in die versterkte stad? Wie lei my tot in Edom?
-
12
Het U, o God, ons nie verwerp nie? En U trek nie uit, o God, saam met ons leërs nie.
-
13
Gee ons hulp teen die vyand, want die mens se hulp is vergeefse moeite.
-
14
In God sal ons kragtige dade doen, en Hy self sal ons vyande vertrap.