📖 Psalms 103
-
1
'n Psalm van Dawid. Loof die HERE, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam!
-
2
Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie!
-
3
Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees,
-
4
wat jou lewe verlos van die verderf, wat jou kroon met goedertierenheid en barmhartighede,
-
5
wat jou siel versadig met die goeie, sodat jou jeug weer nuut word soos dié van 'n arend.
-
6
Die HERE doen geregtigheid en reg aan almal wat verdruk word.
-
7
Hy het aan Moses sy weë bekend gemaak, aan die kinders van Israel sy dade.
-
8
Barmhartig en genadig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid.
-
9
Hy sal nie vir altyd twis en nie vir ewig die toorn behou nie.
-
10
Hy handel met ons nie na ons sondes en vergeld ons nie na ons ongeregtighede nie.
-
11
Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees.
-
12
So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.
-
13
Soos 'n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm die HERE Hom oor die wat Hom vrees.
-
14
Want Hy, Hy weet watter maaksel ons is, gedagtig dat ons stof is.
-
15
Die mens- soos die gras is sy dae; soos 'n blom van die veld, so bloei hy.
-
16
As die wind daaroor gaan, is dit nie meer nie en sy plek ken hom nie meer nie.
-
17
Maar die goedertierenheid van die HERE is van ewigheid tot ewigheid oor die wat Hom vrees, en sy geregtigheid vir kindskinders,
-
18
vir die wat sy verbond hou en aan sy bevele dink om dié te doen.
-
19
Die HERE het sy troon in die hemel gevestig, en sy koninkryk heers oor alles.
-
20
Loof die HERE, sy engele, kragtige helde wat sy woord volbring, in gehoorsaamheid aan die stem van sy woord!
-
21
Loof die HERE, al sy leërskare, sy dienaars wat sy welbehae doen!
-
22
Loof die HERE, al sy werke, op al die plekke van sy heerskappy! Loof die HERE, o my siel!