📖 Job 6
-
1
Maar Job het geantwoord en gesê:
-
2
Ag, was my verdriet maar goed geweeg en my ongeluk meteens in 'n skaal opgehef!
-
3
Ja, dan sou dit swaarder wees as die sand van die see; daarom is my woorde onbedagsaam.
-
4
Want die pyle van die Almagtige is in my, waarvan my gees die gif indrink; die verskrikkinge van God stel hulle teen my op.
-
5
Balk die wilde-esel by die grasspruitjies? Of bulk 'n bees by sy voer?
-
6
Word iets wat laf is, sonder sout geëet? Of is daar smaak in die wit van 'n eier?
-
7
My siel weier om dit aan te raak; dit is net soos my walglike spys.
-
8
Ag, mag my bede maar uitkom, en mag God my verwagting maar gee!
-
9
En mag dit God behaag om my te verpletter, sy hand uit te strek en my af te sny!
-
10
Dan sou ek nog troos hê; ja, ek sou van vreugde opspring in onbarmhartige smart; want die woorde van die Heilige het ek nie verloën nie.
-
11
Wat is my krag, dat ek sou kan wag; en wat my uiteinde, dat ek geduldig sou wees?
-
12
Is my krag 'n krag van klip of my vlees van koper?
-
13
Is ek dan nie hulpeloos in myself nie, en is redding nie vir my weggedrywe nie?
-
14
Vir die moedelose moet daar liefde wees van die kant van sy vriend, ook al laat hy die vrees vir die Almagtige vaar.
-
15
My broers het troueloos gehandel soos 'n spruit, soos die bedding van spruite wat wegloop,
-
16
wat troebel is vanweë die ys, waarin die sneeu hom verberg--
-
17
in die tyd van gloeihitte verdwyn hulle; as dit warm word, droog hulle op uit hul plek.
-
18
Die paaie van hulle loop kronkelend weg en gaan heen in die wildernis en vergaan.
-
19
Die karavane van Tema het uitgekyk, die reisigers van Skeba het daarop gewag.
-
20
Hulle het beskaamd gestaan in hul vertroue; hulle het daarby gekom en was teleurgesteld.
-
21
So het julle dan vir my niks geword nie: julle sien verskrikking, en julle het gevrees.
-
22
Het ek dan gesê: Gee my iets? Of: Bring vir my 'n omkoopgeskenk uit julle vermoë?
-
23
Of: Red my uit die hand van die teëstander? Of: Verlos my uit die hand van tiranne?
-
24
Onderrig my, en ék sal swyg; en maak my duidelik waarin ek my misgaan het.
-
25
Hoe kragtig is opregte woorde, maar wat rig 'n bestraffing uit, van julle afkomstig?
-
26
Dink julle om woorde te bestraf? Maar die woorde van 'n wanhopige is vir die wind!
-
27
Ja, julle sou 'n wees uitloot en julle vriend verhandel.
-
28
Maar nou, kyk my asseblief aan: ek sal julle waarlik nie in jul gesig belieg nie.
-
29
Keer tog terug--laat daar geen onreg wees nie! Ja, keer terug--nóg is my geregtigheid daar.
-
30
Is daar onreg op my tong? Of kan my verhemelte nie die onheile onderskei nie?