📖 Job 40
-
1
En die HERE het Job uit 'n storm geantwoord en gesê:
-
2
Gord tog jou heupe soos 'n man; Ek sal jou ondervra en onderrig jy My.
-
3
Wil jy werklik my reg verbreek, My veroordeel, dat jy gelyk kan hê?
-
4
Het jy dan 'n arm soos God? En kan jy donder met die stem soos Hy?
-
5
Versier jou tog met heerlikheid en hoogheid, en beklee jou met majesteit en glorie!
-
6
Giet jou toorn in strome uit; en kyk na alles wat hoog is, en verneder dit.
-
7
Kyk na alles wat hoog is, onderwerp dit; en werp die goddelose neer daar waar hulle staan.
-
8
Begrawe hulle almal saam in die stof; sluit hulle aangesigte in 'n verborge plek weg.
-
9
Dan sal ook Ek jou loof, omdat jou regterhand jou die oorwinning gee.
-
10
Kyk, daar is die seekoei wat Ek gemaak het saam met jou. Gras eet hy soos 'n bees.
-
11
Kyk tog, sy krag is in sy kruis, en sy sterkte in die spiere van sy buik.
-
12
Hy hou sy stert reguit soos 'n seder; die senings van sy dye is inmekaar gevleg.
-
13
Sy gebeente is pype van koper, sy bene soos stawe van yster.
-
14
Hy is die eersteling van die weë van God; Hy wat hom gemaak het, het hom sy swaard verskaf.
-
15
Want die berge lewer vir hom voer, en al die wilde diere van die veld speel daar.
-
16
Onder lotusbome lê hy, in 'n skuilplek van riete en moeras.
-
17
Lotusbome oordek hom as sy skaduwee, die rivierwilgers omring hom.
-
18
As die rivier swel--hy word nie verskrik nie; hy voel gerus, ook al bruis 'n Jordaan teen sy mond.
-
19
Sal 'n mens hom gryp terwyl hy jou aankyk, met vangtoue sy neus deurboor?
-
20
Kan jy die krokodil met 'n hoek uittrek? En met 'n tou sy tong afdruk?
-
21
Kan jy 'n tou van biesies in sy neus sit? En sy kakebeen met 'n haak deurboor?
-
22
Sal hy jou baie smeek? Of met jou spreek in sagte woorde?
-
23
Sal hy 'n verbond met jou sluit, dat jy hom vir altyd as slaaf aanneem?
-
24
Sal jy met hom soos met 'n voëltjie speel? En hom vasbind vir jou meisiekinders?
-
25
Sal die viskopers met hom handel drywe, hom verdeel onder die koopmans?
-
26
Kan jy sy vel vol skerp ysters steek, en met 'n vissersharpoen sy kop?
-
27
Sit jou hand op hom; dink aan die geveg; jy sal dit nie weer doen nie.
-
28
Kyk, elke hoop kom bedroë uit: sal 'n mens nie reeds by die sien van hom neerslaan nie?