📖 Job 39
-
1
Kan jy prooi jag vir die leeuin? Of die honger van die jong leeus stil maak
-
2
as hulle neerbuig in die lêplekke, klaar sit in die skuilplek om te loer?
-
3
Wie berei vir die kraai sy spys as sy kleintjies roep tot God, ronddwaal by gebrek aan voedsel?
-
4
Weet jy die tyd as die steenbokke lam? Neem jy dit waar as die takbokooie voortbring?
-
5
Tel jy die maande wat hulle dragtig is? En weet jy die tyd dat hulle lam?
-
6
Hulle buig hul krom, bring hulle kleintjies voort--weg is hulle weë!
-
7
Hulle kleintjies word sterk, word groot in die veld, loop weg en kom na hulle nie terug nie.
-
8
Wie het die wilde-esel so vry laat loop? En wie het die bande van die woestyn-esel losgemaak?
-
9
Vir hom het Ek die wildernis sy huis gemaak en die brak land sy woonplek.
-
10
Hy lag oor die gewoel van die stad; die geskreeu van die drywer hoor hy nie.
-
11
Die omgewing van die berge is sy weiveld; en al wat groen is, soek hy uit.
-
12
Sal die buffel gewillig wees om jou te dien? Of sal hy vernag by jou krip?
-
13
Kan jy die buffel aan die ploegvoor bind met sy trektou? Of sal hy die laagtes agter jou eg?
-
14
Sal jy op hom vertrou, omdat sy krag groot is? En aan hom jou arbeid oorlaat?
-
15
Kan jy op hom reken, dat hy jou gesaaide sal inbring en bymekaarmaak op jou dorsvloer?
-
16
Die vlerk van die volstruis klap vrolik. Is dit 'n sagaardige vleuel en veer?
-
17
Want sy laat haar eiers op die grond lê en hou hulle warm op die grond;
-
18
en vergeet dat 'n voet dit kan stukkend druk en die wilde diere van die veld dit kan vertrap.
-
19
Hard behandel sy haar kleintjies asof dit nie hare is nie; is haar moeite tevergeefs--sy is nie bekommerd nie.
-
20
Want God het haar die wysheid ontsê en haar geen deel gegee aan die verstand nie.
-
21
Wanneer sy haarself in die hoogte klap, lag sy oor die perd en sy ruiter.
-
22
Gee jy aan die perd sterkte? Beklee jy sy nek met maanhare?
-
23
Laat jy hom spring soos die sprinkaan? Sy trotse gesnuif is 'n verskrikking.
-
24
Hy grawe in die laagte en is vrolik in sy krag; hy trek uit, die stryd tegemoet.
-
25
Hy lag oor die vrees en word nie verskrik nie en draai nie om vir die swaard nie.
-
26
Op hom rammel die pylkoker, die flikkerende spies en lans.
-
27
Onstuimig en wild verslind hy die grond en staan nie stil as die basuin klink nie.
-
28
By elke basuinstoot sê hy: Heag! En van ver ruik hy die oorlog, die donderroep van die leërowerstes en die oorlogsgeskreeu.
-
29
Sweef die valk opwaarts deur jou verstand en sprei sy vlerke uit na die suide toe?
-
30
Of vlieg die adelaar hoog op jou bevel en bou hy hoog sy nes?
-
31
Op die rots woon hy en vernag hy, op die rotspunt en bergvesting.
-
32
Daarvandaan loer hy op voedsel, sy oë kyk in die verte.
-
33
Ook slurp sy kleintjies bloed, en waar gesneuweldes lê, daar is hy.
-
34
En die HERE het Job geantwoord en gesê:
-
35
Wil die berisper met die Almagtige twis? Laat hy wat God teregwys, hierop antwoord!
-
36
Toe het Job die HERE geantwoord en gesê:
-
37
Kyk, ek is te gering. Wat kan ek U antwoord? Ek lê my hand op my mond.
-
38
Een maal het ek gespreek, maar sal nie meer antwoord nie; ja, twee maal, maar ek sal nie voortgaan nie.