📖 Job 35
-
1
Verder het Elíhu aangehef en gesê:
-
2
Hou u dit vir reg, noem u dit: my geregtigheid voor God,
-
3
dat u vra wat dit u baat? Wat help dit my meer as wanneer ek sou sondig?
-
4
Ék sal u antwoord gee en aan u vriende saam met u.
-
5
Kyk op na die hemel en sien, en aanskou die wolke wat hoog bo u is.
-
6
As u sondig, watter skade is dit vir Hom? En is u oortredinge baie, wat kan u Hom daarmee aandoen?
-
7
As u regverdig is, wat gee u aan Hom? Of wat kan Hy uit u hand aanneem?
-
8
U goddeloosheid raak net 'n mens soos u, en u geregtigheid 'n mensekind.
-
9
Vanweë die menigte van verdrukkinge skreeu hulle; hulle roep om hulp oor die geweld van die grotes.
-
10
Maar niemand sê nie: Waar is God, my Maker, wat lofsange gee in die nag,
-
11
wat ons meer leer as aan die diere van die aarde en ons wyser maak as die voëls van die hemel?
-
12
Dan roep hulle, maar Hy antwoord nie, vanweë die trotsheid van die kwaaddoeners.
-
13
Sekerlik, na nietige klagte luister God nie, en die Almagtige slaan daar geen ag op nie.
-
14
Hoeveel minder as u sê u sien Hom nie! Die regsaak is voor Hom: wag dan op Hom.
-
15
Maar nou, omdat sy toorn nie straf nie, en Hy nie grootliks ag gee op oormoed nie,
-
16
maak Job sy mond wyd oop in nietige gepraat, vermenigvuldig hy woorde sonder kennis.