📖 Job 26
-
1
Maar Job het geantwoord en gesê:
-
2
Hoe goed het jy die onmagtige bygestaan, die kragtelose arm gehelp!
-
3
Hoe mooi het jy die onwyse raad gegee en beleid in oorvloed bekend gemaak!
-
4
Aan wie het jy woorde te kenne gegee, en wie se gees het uit jou uitgegaan?
-
5
Die skimme is beangs onder die waters en onder die bewoners daarvan.
-
6
Naak lê die doderyk voor Hom, en die plek van vertering het geen bedekking nie--
-
7
voor Hom wat die noorde uitspan oor die chaos, wat die aarde ophang oor 'n niks;
-
8
wat die waters saambind in sy wolke sonder dat die wolkgevaarte daaronder skeur;
-
9
wat die gesig van die troon toehou deurdat Hy sy wolk daaroor uitsprei.
-
10
Hy het 'n kring afgetrek oor die watervlakte tot waar lig in duisternis eindig.
-
11
Die pilare van die hemel wankel en staan verstom weens sy dreiging.
-
12
Deur sy krag bring Hy die see in beroering, en deur sy verstand verpletter Hy Rahab.
-
13
Deur sy asem word die hemel helder; sy hand het die vinnige slang deurboor.
-
14
Kyk, dit is maar die uitlopers van sy weë, en wat 'n fluisterwoord hoor ons maar van Hom! Wie sou dan die donder van sy magtige dade verstaan?