📖 Job 21
-
1
Maar Job het geantwoord en gesê:
-
2
Luister goed na my rede, en laat dit die vertroostinge wees wat julle aanbied.
-
3
Verdra my, dat ek ook kan spreek; en nadat ek gespreek het, kan jy spot.
-
4
Wat my aangaan, geld my geklaag dan 'n mens? Of waarom sou ek nie ongeduldig word nie?
-
5
Kyk my aan, en wees verskrik; en lê die hand op die mond.
-
6
Ja, as ek daaraan dink, is ek glad verslae, en verskrikking gryp my vlees aan.
-
7
Waarom bly die goddelose lewe, word hulle oud, ja, neem hulle toe in krag?
-
8
Hulle nakomelinge bestaan voor hulle in hul gemeenskap, en hul spruite voor hulle oë.
-
9
Hul huise het vrede, sonder skrik; en die roede van God is op hulle nie.
-
10
Sy stier bespring en mis nie; sy koei kalf en het geen misdrag nie.
-
11
Hulle laat hul jong seuns loop soos 'n trop kleinvee, en hul kinders spring rond.
-
12
Hulle sing by die tamboeryn en siter en is bly by die klank van die fluit.
-
13
In voorspoed slyt hulle hul dae, en in 'n oomblik sink hulle in die doderyk af.
-
14
Tog het hulle tot God gesê: Bly ver van ons af; en: In die kennis van u weë het ons geen behae nie.
-
15
Wat is die Almagtige dat ons Hom sou dien? En wat baat dit ons dat ons biddend by Hom aandring?
-
16
(Kyk, hulle voorspoed is nie in húl hand nie: die gesindheid van die goddelose is ver van my!)
-
17
Hoe selde gaan die lamp van die goddelose dood en oorval hul ondergang hulle! Deel Hy smarte uit in sy toorn,
-
18
word hulle soos strooi voor die wind, en soos kaf wat die stormwind wegvoer?
-
19
Julle sê: God spaar sy onheil vir sy kinders op. Ek sê: Hy moes dit aan homself vergeld, dat hy kan voel!
-
20
Sy eie oë moes sy ongeluk sien, en sélf moes hy drink van die grimmigheid van die Almagtige.
-
21
Want wat gee hy om sy huis ná hom as die getal van sy maande afgesny is?
-
22
Wil iemand aan God kennis leer, Hom wat die hemelse wesens oordeel?
-
23
Die een sterwe in volkome geluk, heeltemal gerus en tevrede.
-
24
Sy emmers is vol melk, en die murg van sy gebeente word deur en deur bevogtig.
-
25
Die ander daarenteen sterwe met bitterheid van siel sonder dat hy van die goeie geniet het.
-
26
Saam lê hulle in die stof, en die wurms oordek hulle.
-
27
Kyk, ek ken julle gedagtes en die slim planne waarmee julle gewelddadig teen my optree.
-
28
As julle sê: Waar is die huis van die tiran, en waar die woontent van die goddelose--
-
29
het julle dan nie navraag gedoen by die reisigers nie (hulle bewyse kan julle tog nie loën nie!):
-
30
dat die kwaaddoeners gespaar word op die dag van ondergang, dat hulle weggelei word op die dag van grimmigheid?
-
31
Wie gee hom openlik sy gedrag te kenne; en het hy gehandel--wie sal hom dit vergeld?
-
32
Dan word hy na die graf gebring, en hulle sorg vir sy grafheuwel.
-
33
Sag lê op hom die kluite van die dal; en agter hom trek al die mense aan soos daar ontelbares voor hom gewees het.
-
34
Hoe troos julle my dan op so 'n nietige manier? En julle antwoorde--net troubreuk bly oor!