📖 Job 13
-
1
Kyk, alles het my oog gesien, my oor gehoor en opgemerk.
-
2
Wat julle weet, weet ek ook: ek staan nie vir julle terug nie.
-
3
Maar ék sal met die Almagtige spreek, en ek verlang om te pleit by God.
-
4
Maar julle pleister met leuens, kwaksalwers is julle almal.
-
5
Ag, as julle maar heeltemal sou swyg--dan sou dit vir julle wysheid wees!
-
6
Hoor tog na my verantwoording, en luister na die aanvalle van my lippe.
-
7
Wil julle, tot verdediging van God, onreg spreek en ten behoewe van Hom bedrog laat hoor?
-
8
Wil julle vir Hom partydig wees? Of wil julle vir God pleit?
-
9
Sal dit goed wees as Hy julle ondersoek? Of wil julle Hom bedrieg soos 'n mens bedrieg word?
-
10
Hy sal julle sekerlik straf as julle in die geheim partydig is.
-
11
Sal sy hoogheid julle nie verskrik nie, en die skrik vir Hom julle nie oorval nie?
-
12
Julle kernspreuke is spreuke van as, julle skanse word skanse van klei.
-
13
Laat my met rus; dan wil ék spreek; laat dan oor my kom wat wil.
-
14
Waarom sou ek my vlees in my tande neem en my lewe neerlê in my hand?
-
15
Kyk, al wil Hy my ombring--ek hoop op Hom; ek sal tog my wandel voor sy aangesig bepleit.
-
16
Ook is dit my tot heil dat 'n goddelose voor sy aangesig nie sal kom nie.
-
17
Luister goed na my rede en gee gehoor aan my verklaring.
-
18
Kyk tog, ek dra die regsaak voor; ek weet dat ék reg sal hê.
-
19
Wie durf my dan bestry? Ja, dan sou ek swyg en sterwe.
-
20
Moet my net twee dinge nie aandoen nie, dan sal ek my vir u aangesig nie verberg nie:
-
21
trek u hand weg van my af, en laat die skrik vir U my nie beangstig nie.
-
22
Klaag dan maar aan, en ék sal antwoord; of ek sal spreek, en gee U my antwoord.
-
23
Hoeveel is my ongeregtighede en sondes; maak my my oortreding en sonde bekend.
-
24
Waarom verberg U u aangesig en hou my vir 'n vyand van U?
-
25
Wil U 'n verwaaide blaar skrik aanja en die droë stoppel agtervolg,
-
26
dat U bitter dinge oor my beskik en my die ongeregtighede van my jeug laat erwe,
-
27
en dat U my voete in die blok sit en al my paaie bewaak? U trek vir U 'n streep om die sole van my voete;
-
28
en dít iemand wat verval soos hout wat weggevreet is, soos 'n kleed wat die mot verteer.