📖 Job 12
-
1
Maar Job het geantwoord en gesê:
-
2
Waarlik, ja, julle is die regte mense, en saam met julle sterf die wysheid uit!
-
3
Ook ek het verstand soos julle; ek staan nie vir julle terug nie; en wie weet sulke dinge nie?
-
4
Ek moet 'n belagging wees vir my vriend, ek wat God aangeroep en verhoring gevind het--'n belagging is die regverdige, die opregte!
-
5
Vir die ongeluk is daar veragting volgens die gedagte van hom wat lekker lewe; dit staan klaar vir hulle wie se voet wankel.
-
6
Rustig staan die tente van die verwoesters, en sekerheid is die deel van hulle wat God vertoorn, van hom wat sy god in sy hand dra.
-
7
Maar vra tog vir die diere, dat hulle jou leer; en die voëls van die hemel, dat hulle jou te kenne gee;
-
8
of spreek die aarde aan, dat dit jou leer, en laat die visse van die see jou vertel.
-
9
Wie weet nie deur al hierdie dinge dat die hand van die HERE dit gemaak het nie?
-
10
In wie se hand die siel is van alles wat leef, en die gees van alle menslike vlees.
-
11
Moet die oor nie woorde toets soos die verhemelte spys proe nie?
-
12
By die grysaards is wysheid, en in lengte van dae is verstand.
-
13
By Hóm is wysheid en mag; Hy het raad en verstand.
-
14
Kyk, Hy breek af, en daar word nie opgebou nie; Hy sluit 'n man as gevangene op, en daar word nie oopgemaak nie.
-
15
Kyk, Hy hou die waters terug, en hulle verdroog; ook laat Hy hulle los, en hulle keer die aarde om.
-
16
By Hóm is krag en beleid; syne is die verdwaalde en hy wat laat dwaal.
-
17
Hy voer raadsmanne uitgeplunder weg, en regters maak Hy tot dwase.
-
18
Hy maak die band los waar konings mee bind, en bind 'n lyfdoek om hulle heupe.
-
19
Hy voer priesters uitgeplunder weg en bring wie vasstaan, tot 'n val.
-
20
Hy neem die spraak van die betroubare mense weg en beroof die ou mense van hul oordeel.
-
21
Hy stort veragting uit oor die edeles en maak die gordel van die magtiges slap.
-
22
Hy openbaar dieptes uit die duisternis uit, en doodskaduwee bring Hy uit in die lig.
-
23
Hy maak nasies groot en laat hulle omkom; Hy brei nasies uit en voer hulle weg.
-
24
Hy neem die verstand weg van die volkshoofde van die land en laat hulle ronddwaal in 'n wildernis, sonder pad.
-
25
Hulle tas in die duisternis, sonder lig; en Hy laat hulle ronddwaal soos 'n dronk man.